EERSTEJAARSKAMP

Beste voornemende Eerstejaar


Is jy gereed vir die kamp van jou lewe? Universiteitsoord se Eerstejaarskamp 2024 is die plek om te wees!


Lees solank hier onder vir meer inligting en raak solank opgewonde saam met ons!


Datums:

Personeelkamp (senior studente):  26 - 28 Januarie 2024

Eerstejaarskamp:  29 Januarie - 2 Februarie 2024


Ons weet ook dat dit 'n ongelooflike ervaring gaan wees - die beste manier om jou studentelewe te begin.


Die kamp is nie net vir Tukkies-studente nie, maar vir studente van enige tersiêre instansie in Pretoria.


Al die inligting oor die kamp verskyn hieronder.  Hou ook gerus ons sosiale media dop vir inligting en reëlings.

MEER INLIGTING

  • WANNEER?

    Personeelkamp:  26 - 28 Januarie 2024 (Vrydag - Sondag)

    Eerstejaarskamp:  29 Januarie - 2 Februarie 2024 (Maandag - Vrydag)


    Ontvangsdag vir alle Eerstejaars en hulle ouers:  

    29 Januarie 2024

    8:00 - 10:30  Registrasie

    11:00  Verwelkoming in die kerk

    12:00  Busse vertrek vanaf die kerk na die kampterreine


    2 Februarie 2024

    12:00  Busse arriveer terug by die kerk

  • WAAR?

    Amicus (dagstudente & alle studente wat nie by Tuks studeer nie) - Jubaweni.

    Meraki (Tuks koshuise) kamp by Jubaweni.



  • KOSTE?

    Kostes is R 1 500-00 per persoon vir personeel en eerstejaars.

    Vul asseblief eers die inskrywingsvorm in, voor jy betaal. 




  • SLUITINGSDATUM?

    Aanlyn-inskrywings sluit Sondag 28 Januarie 2024 om 17:00.

    Jy kan ook Maandag 29 Januarie 2024 by die kerk kom inskryf tussen 8:00 en 10:00. 


  • WAT MOET EK SAAMBRING?

    LET WEL: Die eerste ete wat op die kamp voorsien word is aandete. Koop vir jou iets om te eet op die bus by ons mini-bazaar.

    Gemaklike klere

    Muskietweermiddel

    Sakgeld vir die snoepie

    ‘n Musiekinstrument vir die talentaand (as jy een speel)

    Persoonlike medisyne

    Reënjas

    Slaapsak

    Swemklere

    Bybel

    Eetgerei

    Tekkies

    Notaboekie

    Ou stel klere

    Sonskerm/hoed

    ‘n Boks beskuit

  • VERVOER

    Vervoer in busse word verskaf vanaf die kerk na en van die onderskeie kampterreine.


    Almal kom op 29 Januarie 2024 om 8:00 by die kerk bymekaar om te registreer vir die kamp en busse vertrek van die kerk af.


    Busse behoort op 2 Februarie 2024 om 12:00 terug te wees by die kerk.

  • ONTVANGSDAG

    By NG Universiteitsoord op 29 Januarie 2024

    8:00 - 10:30  Registrasie vir die kamp

    8:00 - 10:30  Mini-bazaar.  Kom ontmoet jou predikant en koop iets lekker vir ontbyt en middagete - die eerste ete wat op die kamp voorsien word, is aandete.

    11:00  Verwelkoming in die kerk vir eerstejaars en hulle ouers.

    12:00  Busse vertrek na die onderskeie kampterreine.

  • IN WATTER GROEP (WYK) IS EK?

    Amicus – alle dagstudente,  Tuks Village, kommunes en privaat-koshuise asook studente van ander tersiêre instansies.

    Koshuiswyk - Asterhof, Azalea, College, Curelitzia, Erica, Hayani, Ikageng, House Khutso, House Mags, Madelief, Mopane, Morula Legae,  House Nala, Nerina, Sonop, House TAU, The Tower, Tirisano, Tuks Ekhaya, Tuks Bophelong, House Ukuthula, Zinnia


  • BANKBESONDERHEDE

    Vul asseblief eers die aanlyn inskrywingsvorm in voor jy betaal.

    Bank: ABSA (Tjek rekening)

    Rekeningnommer: 4048753588

    Takkode: 632005

    Verwysing: "E-" vir Eerstejaar gevolg deur Naam en Van van student (soos op aansoek vorm)

    E-pos die bewys-van-betaling na: kantoor@unio.co.za


    Sodra ons jou betaling van jou inskrywing ontvang, stuur ons 'n epos om ontvangs van betaling te bevestig.  Indien jy nie so 'n epos ontvang het nie, bring asseblief jou bewys van betaling saam.


  • TERUGBETALINGSBELEID VIR KANSELLASIES

    Indien jy onttrek van die eerstejaarskamp vóór 22 Januarie 2024, sal jy jou volle bedrag as terugbetaling ontvang. Indien jy ná 22 Januarie 2024 onttrek, sal jy slegs 50% van jou betaling terug ontvang omdat sekere uitgawes alreeds aangegaan is.


  • VRAE OOR DIE KAMP

    Amicus (dagstudente)

    Ds Anuschka Smit: 072 599 0695

    Meraki (koshuise)

    Ds Fritz Snyman: 082 332 5781


    Ander navrae: 012 362 0664 / WhatsApp - 066 408 0909

  • VRAE OOR INSKRYWINGS

    Vul die inskrywingsvorm in vir Eerstejaars.


    Kerkkantoor

    012 369 0664 

    WhatsApp - 066 408 0909

    kantoor@unio.co.za


    Aanlyn-inskrywings sluit Sondag, 28 Januarie 2024 om 17:00.


    Is ek ingeskryf?  Ons stuur 'n e-pos na die student se e-posadres om te bevestig dat die inskrywing ontvang is.


    Is my betaling ontvang?  Ons stuur 'n e-pos na die student se e-posadres om te bevestig dat betaling ontvang is.  Maak seker jy is ingeskryf voor jy betaal.


    Jou plek op die kamp sal bevestig word nadat betaling ontvang is. On

  • WAAR IS DIE KERK?

    Op die hoek van Heroldstraat & Duxburyweg 105, Hillcrest.

    Google Kaart

  • WAT BEHELS DIE KAMP?

    ‘n Dag se program sluit in geestelike sessies in klein groepe met personeellede wat leiding gee, lekker sports en aktiwiteite deur die dag, vermaaklikhede in die aande, en kontaksessies met seniors wat raad kan gee oor wat om te verwag op universiteit en waar om hulp te kry.  Dis werklik 'n besonderse ervaring en hope pret!


VOLG ONS OP SOCIAL MEDIA

Share by: