WYKE

 

Die bedieningsbehoeftes van die gemeente is vir Universiteitsoord van primêre belang. Ten einde hierdie behoeftes op ʼn sinvolle en verantwoordbare wyse aan te spreek, is die residensiële gemeente in 29 wyke verdeel. Die wyke is geografies oor die hele Pretoria-metropool versprei en bedien sowat 1 000 lidmate binne en ver buite die stadsgrense. Meer as die helfte van die lidmate woon buite die gemeentegrense van die kerk. 

Elke wyk is aan ʼn ouderling se sorg toevertrou wat na die betrokke wyk se geestelike en ander behoeftes moet omsien. Oorhoofs is die residensiële leraar vir die pastorale bediening van residensiële gemeentelede verantwoordelik. 

Die wyke is by verskeie gemeente-aksies betrokke. Hulle neem ook beurte om na die oggenddienste tee en koffie vir kerkgangers se ”kuier na die kerk” te skink.

 

 Kuier na kerk