UNIVERSITEITSOORD GLO

 

God aan Wie ons behoort
beweeg ons om Bybelse waardes uit te leef
deur aan mekaar te behoort
en die wêreld in te beweeg 
om ‘n verskil te maak.
 

AFLAAI VAN PREKE

Ons is bly om te vermeld dat onlangse preke nou afgelaai kan word vanaf die webwerf.
Vind ‘Aflaai van preke’ onder ‘Eredienste’ kieslys. 

  

EMBLEEM

Die simboliek van die gemeente se embleem herinner aan 'n kerk met sy sterksprekende toring na bo. Hierdie staan op 'n kruis - in die embleem 'n omgekeerde kruis. Volgens oorlewering is die apostel Petrus in Rome op eie versoek onderstebo gekruisig. Die drie sterk lyne wys heen na die Drie-Eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Die dubbele baan waarop hierdie driehoek rus verteenwoordig die twee komponente waaruit die gemeente saamgestel is: die inwonende deel en die studente, met laasgenoemde die breër baan. Albei hierdie dele is egter saamgebind in die Kerk van Christus wat oor hulle verrys.