SORGKOMMISSIE

Die Sorgkommissie bied materiële en geestelike ondersteuning aan gemeentelidmate, asook aan groepe en instansies buite gemeenteverband. Hierdie ondersteuning sluit onder meer die volgende in:
  • Gebesondersteuning en kospakkies aan studente wat gedurende vakansies op uitreike gaan

  • Vervoer van lidmate wat moeilik oor die weg kom

  • Gesinne wat finansiële probleme het

  • Vossentrum vir haweloses in Sunnyside

  • Jakaranda-kinderhuis

  • Brooklyn-polisiestasie

  • Ondersteuning van instansies na gelang van behoefte, bv. Harmonie-oord en Solidariteit se Helpende Hand-fonds

Die nood en versorging van die aarde kry ook aandag deur ʼn herwinningsprojek van papier en glas wat op die terrein van die kerk bestuur word.