KASKARFEES

Jaarliks word ‘n kermis aangebied as ‘n belangrike finansiële bron om Universiteitsoord se fondse aan te vul. Sedert 1994 vorm kaskarwedrenne ‘n integrale deel van die geleentheid en staan dit dan nou ook as die Tuks Kaskarfees bekend. Die afgelope paar jaar vind dié fees so na as moontlik aan die gemeente se verjaarsdag op 29 Julie plaas.

Dit is ‘n wonderlike dag van feesvierings en vrolikheid. Benewens ‘n groot verskeidenheid smaaklike eet- en drinkgoed wat aangebied word, is daar ook unieke handwerk, interessante boeke, porseleinpoppe, teddiebere en handgemaakte kaartjies. By die spens is daar heerlike gebak, konfyt, groente en vrugte wat gekoop kan word. Daar word ook vir die kinders met plesierige vermaak gesorg.

Die kaskarwedrenne vind in die middag plaas en daar word vir alle ouderdomsgroepe voorsiening gemaak: laer- en hoërskoolkinders, mans- en damesstudente, jong werkendes en nagraadse studente, asook veterane bo 40. Die studente ding om ‘n mans- en damestrofee mee en dit vorm die hoogtepunt van die wedrenne. Dit gaan gewoonlik gepaard met baie pret en opwinding.

 

WENNERS