EREDIENSTEDie aanddienste word spesiaal vir studente ingerig. Ons hoof erediens is 19:00 in die kerkgebou in Afrikaans. ‘n Engelse, meer informele diens begin 19:00 langsaan in die Hub. Elke kwartaal is daar ook wyksdienste vir die 4 verskillende studentewyke. Die sang in Universiteitsoord was nog altyd ‘n belewenis en die Woordverkondiging is spesiaal op die leefwêreld van studente gemik en probeer ons jou totale studentwees aan te spreek. Daar is ook elke Sondag 09:30 drie oggenddienste. In die kerkgebou is daar ‘n erediens wat op die gevestigde lidmate fokus, in die Hub is daar 2 keer per maand 'n gesinsdiens en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) hou ‘n Sotho studentediens in Karoolsie. Kyk gerus afsonderlik na elkeen van die dienste op die webwerf.
|