Die Studio is die plek waar God kunswerke maak van ons lewens

 

Die Studio gaan 'n verskeidenheid programme en geleenthede loods om belangstellendes op 'n gestruktureerde wyse persoonsontwikkelingsgeleenthede te bied. 'n Christo-sentriese benadering met relevante insette van ontwikkelingsielkunde en positive psychology word gebruik om 'n drie jaar kurrikulum aan te bied vir die studente en ander op hul pad na emosionele en geestelike volwassewording.

'n Omvangryke (holistiese) spreekkamer by die kerk, waar nie net probleme nie, maar ook werkswinkels oor goed wat belangrik is vir studente aangebied word, asook retraits beplan word aangebied op spiritualiteit en kenners gereël word oor lewensvaardighede wat vir die studente belangrik is.

Die Studio is 'n dinamiese nuwe komponent wat as deel van die Pelgrimstogvisie vanaf die begin van 2009 af gelydelik ontwikkel word. Die Studio is enersyds 'n lokaal by die kerk en andersyds 'n sentrum vanwaar programme ontwikkel en bestuur word wat aangebied en ontwikkel word deur 'n groeiende span vrywilligers. Mense wat berading- of begeleidingsnood het word ook hier gesien. Daar word doelbewus weggebly van die titel "Spreekkamer" aangesien hier eerder op ontwikkeling gefokus gaan word.

Relevante kennis oordrag, leerervaring, sosiale ontwikkeling, leer deur ervaring en toerusting sal 'n groot gedeelte uitmaak van die Studio se uitsette. 'n Netwerk van ondersteuningswerkers sal opgelei word. Dit kan die adres word vir gevalle se agtergrondstudie rakende temas en verskynsels.  Die hoop is om mettertyd 'n verskeidenheid van terapieë, soos byvoorbeeld kunsterapie ook voorsiening voor te maak.  

Daar kan dalk mettertyd gekyk word daarna om die Studio en sy dienste/produkte te brand. Die studente wat die programme deurloop het kan dan as meer toegeruste jong volwassenes gelanseer word die wye wêreld in as aanwins vir sy/haar nuwe gemeente en gemeenskap.

Die Studio let daarop dat die deelnemers aan die ontwikkelingsprosesse nie selfgesentreerd raak nie, maar 'n Koninkryksperspektief behou en sensitief wees vir die behoeftes van die breër samelewing. Daarom gaan gelet word daarop om die gebruikers van die Studio te kry om meer relevante, meer sinvolle vrae te vra, Koninkryksrelevante vrae, wat ook mag beteken dat mens bereid moet wees om die bestaande aktiwiteite van tyd tot tyd te her-evalueer. Die Studio kan ook benut word om progressie na groterwordende sosiaal-relevante interaksie te bewerkstellig deur ons reeds bestaande aksies.

Die verskillende fasette van die Studio sal getoets/evalueer word dmv deurlopende introspeksie om te bepaal of dit die Pelgrimsdroom droom bevorder, nl. of dit mens daartoe lei om die Lewe te leef en beleef.