Welkom by Universiteitsoord!Nee regtig, jy is baie WELKOM hier by ons.
As jy 'n geestelike reisgenote soek vir hierdie road trip van jou tyd as student ... dan sal jy dit hier by ons kan kry. Hoekom? Want ons glo God wil hê as student en jong volwassene moet jy deel wees van 'n netwerk van mense wat vir jou omgee en vir wie jy terug kan lief wees. Hier vind jy mense wat in respek en liefde aan mekaar BEHOORT. As jy 'n ruimte soek waar jy die lewe en jouself kan ontdek en ontgin ... dan bied ons jou vele kanse om jouself te leer ken terwyl jy 'n verskil maak in die wêreld om jou. Hier is vir jou genoeg ruimte om jouself en die wêreld om jou te BEWEEG. Die Here het ons geseën die afgelope half-eeu sedert ons gemeente se begin toe ons al begin het om te fokus op die bediening van studente. Daarom glo ons dat met duisende studente, dosyne kampe & uitreike, verskillende bedieninge & projekte en 'n selgroep in jou omgewing is ons seker jy sal 'n plek vind waar jy welkom voel. Verkies jy byvoorbeeld 'n orrel, tjello en viool in 'n erediens, dan sal jy gemaklik wees met ons klassieke dienste. As jy agter hou van dromme en elektriese kitare sal die alternatiewe diens meer in jou smaak val. Hou jy van sports bied die kaskar fees, die sportsdag of die fietstoere jou die kans om behoorlik te sweet. Miskien is jy iemand wat hou van boukampe en sendinguitreike of eerder van plaaslike liefdadigheidsprojekte of berading gee aan vriende in nood ... dan is hier iets vir jou. Loer gerus deur die res van hierdie webwerf om meer uit te vind oor die groot verskeidenheid van mense en doen en late waarvan jy deel kan wees by Universiteitsoord NG Kerk. As jy meer wil weet, kontak gerus enige van die studenteleiers of studentepredikante wat op hierdie webwerf genoem word en hulle sal graag saam met jou 'n koffie gaan drink.
Besoek ook gerus ons Facebook groep. Kliek hier om die groep oop te maak. Aflaai van prekeOns is bly om te vermeld dat onlangse preke nou afgelaai kan word vanaf die webwerf. Vind ‘Aflaai van preke’ onder ‘Eredienste’ kieslys. Online Surveys Powered By QuestionProWeb Polls Powered By MicroPoll |