Finansies
Universiteitsoord is 'n "vreemde” gemeente in die sin dat die oorgrote meerderheid lidmate sonder vaste inkomste is (studente) en hul ouerhuise nie in die gemeentegrense is nie. Dit beteken dat die groter studentegedeelte van die gemeente eintlik nie kan bestaan sonder finansiële ondersteuning van die kleiner residensiële gedeelte van die gemeente, ‘n jaarlikse subsidie van ons sinode, die fondsinsamelingsgeleenthede van die studente en die ouers se bydraes nie. Alle ondersteuning word dus hoog op prys gestel omdat dit ons in staat stel om aan te hou om die studente toe te rus vir die lewenspad vorentoe. Ons wil u daarom vra om Universiteitsoord te onthou in u gebede en wanneer u ’n dankoffer bydrae maak. Deur die genade van die Here, die deelname van die studente en residensiële lidmate, die NG Kerk se Noordelike sinode en die betrokkenheid van die studente se ouers is ons geseënd met baie en mooi verhale van geestelike en emosionele groei onder die studente.
Sou u belangstel om die studentebediening finansieel te ondersteun: OUERBYDRAES: Rek No: 0540 166 412, ABSA Brooklyn Takkode 335345, Tjekrekening, Naam: NG Gemeente Universiteitsoord. As verwysing: "Ouerbydrae & (Studentenommer)" STUDENTEBYDRAES: Rek No: 4048 755 182, ABSA Brooklyn Takkode 335345, Tjekrekening, Naam: NG Gemeente Universiteitsoord. As verwysing: "Dankoffer & (Studentenommer)" Indien u bereid sou wees om ’n debietorder te teken laai gerus die dokumentasie af deur hier te klik: debietorder
|