WINTERHOOP

Winterhoop is 'n projek waar ons, soos die naam sê, so bietjie hoop bring vir dié wat koud kry in die winter. Ons gemeente is geleë in 'n omgewing waar daar veeltalle mense is wat elke dag koud deurbring en elke aand sonder 'n warm kombers iewers die nag trotseer. Met die hulp en ondersteuning van ons gemeentelede samel ons soveel komberse, truie, kouse, skoene en ander warm klere in sodat dié weerlose mense Jesus se Warmte kan beleef.

Kontak: Louwrens Bakker 072 279 6517
Share by: