UITREIKE (MARTUS)

Martus is Universiteitsoord se uitreikbediening. Martus bied vir studente en residensiële lidmate groeigeleenthede d.m.v. uitreike, projekte, toere en kampe. Dis waar ons ’n verskil kan maak in die wêreld. Vakansietyd toer die studente: hulle gaan op fietstoere, ’n konserttoer, matriekhulp-onderwysuitreike, vakansieoord-dienswerkkampe, boukampe en studentejolle. Deur die kwartaal reik ons weekliks meer plaaslik uit na behoeftige gemeenskappe in en om Pretoria. Elke wyk reël ook jaarliks ’n “One Hit Wonder”-uitreik – ’n vinnige uitreik wat op kort kennisgewing beplan en uitgevoer word in Pretoria.


Wie is Martus

MARTUS is die Griekse woord vir “getuie”. Ons is geroep om getuies van Jesus te wees, ons wil dit saam met JOU wees, so kom beweeg saam met ons die wêreld in met Jesus se liefde!

Martus is Universiteitsoord se uitreikkomitee wat al die uitreike reël wat jou toelaat om jou horisonne te verbreed. Ons het verskillende soorte uitreike sodat daar vir elke persoon onder die son ‘n plek is waar hulle kan voel hulle maak ‘n verskil.


Doen jouself die guns om een vakansie op ‘n Unioord uitreik te gaan. Ons waarborg jou dit sal vir jou so goed wees om ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak dat jy sommer op nog ‘n uitreik sal wil gaan.

Op die uitreike fokus ons ook om in te reik en sodoende bietjie dieper na jouself te kyk. Vra enige student wat al op ‘n Universiteitsoord uitreik was, maar moenie net hulle woord daarvoor vat nie- kom vind self uit! Ons is geroep om sout en lig vir die

wêreld te wees, om Jesus se liefde uit te leef en hopelik ‘n paar mense nader aan God te bring. Daarom doen ons graag uitreike by Universiteitsoord!


Daar is hoofsaaklik 3 tipes uitreike waarop gefokus word en wat die Martuskomitee help fasiliteer:

  • Plaaslike of deurlopende uitreike
  • Vakansie-uitreike
  • One Hit Wonders


Kliek op 'n prentjie hieronder vir meer inligting.

VAKANSIE-UITREIKE


Hou ons sosiale media en aankondigings dop vir inligting.

RESENSIES

Ilze Fourie:

Handeva(r)t Fietstoer 2023

So paar punte.


* Die landskap is mooi as jy nie te uitasem is om te kyk.

* Sand eet 6km in is nie pret nie.

* Die mense is lekker - ons het bietjie diep geraak en baie trane gedeel!

* Om n naamgenoot te hê is confusing.

* Die onbaatsugtige verwelkoming in elke dorp is verstommend.

* Koue stort is nie pret nie.

* 5:00 opstaan en bus pak is nie vir almal nie.

* Die idee is om op die fiets te bly

* As jy lelik is dan bêre die tannie jou.

* God het ons elkeen geseën met talente!


Volgende jaar doen ons dit weer!

HANDEVAT FIESTOER 2023

Philip Morkel

Hoogtepunte van die Handevat Fietstoer


Die Handevat Fietstoer bring jou binne die kwessie van 'n paar dae van vreemdeling tot boesemvriend in Christus met almal wat saam met jou op die toer is.

Simpel sê-goed word aanhoudend gedeel, grappe word gemaak en daar word lekker gelag. Daar word ook dieper bekommernisse, onsekerhede en vrese gedeel.

Bid-buddies gee vir toerlede die geleentheid om werklik mekaar te leer ken en te verstaan. Aan die einde van elke dag deel elke toerlid sy of haar hoogte- en laagtepunte vir die dag en so kry ons die geleentheid om saam te lag en bly te wees, maar ook om saam seer te hê. Met elke opdraende word die pyn gedeel en met elke afdraende word die blydskap deur almal gevier.

Ons uitreike is ook hope pret. Toerlede kry wysheid en raad by bejaardes en kry self ook die geleentheid om mentors te wees vir die kinders en jeug wat ons tegemoetkom.

Ons geniet koffie en koekies saam met bejaardes; sing in ouetehuise; baljaar en gesels met die kinders van die Huis van Veiligheid; dans, speel, gesels en lofsang met Sondagskoolgroepe; deel sop uit vir - en speel sokker met minderbevoorregte jeug; en ons verf klaskamers. Elke uitreik word in sy eie reg n reuse partytjie en toerlede wys passie en deernis waar hulle gaan.

Met elke uitreik sien ons die wonderlike passie en omgee van die fasiliteerders, maar ook die seer en die tekortkominge van die mense na wie ons toe uitreik.

Button

Emma Schutte:

Dankbaar dat ek vir 10 dae op my gelukkigste kon wees 👀, vir elke 2de ding uit my maag uit kon lag, uitfigure hoe my ratte werk, yskoud op kerkvloere slaap, myself al verbeel dat ek warm stort, Gaberone se vriendelike mense kon ontmoet, elke aand na die snorkorkes kon luister, BAIE min slaap inkry & amper die enigste een wees wat na Motjie se verhaal geluister het. Dankie tjomini’s , julle is DIEP in my hart. ❤

Handeva(r)t fietstoer 2023- DONE. ✅







Antoinette Swanepoel:

Bly ek kon met 'n fiets oor die grens trap, in die koudste week van die jaar op kerksaal vloere slaap, 5h opstaan sonder middagslapies, bal speel en luister na oumense se stories, baie lag vir TWEE pannekoeke, bietjie huil tussenin, langer na Motjie Freeman se storie kon luister as wat ek kon slaap, kamp op 'n vliegbaan en darem die view geniet terwyl ek myself dood trap om die bopunt van die berg te bereik. Dankie dat julle fietsry vir my maklik gemaak het.

"Sjoe", handevaRt fietstoer is toe nou baie lekker. 🌄







Jeanri Collins:

Sjoe soos elke storie begin altyd by die begin. Koudste week in die jaar. In my jongdae het Motjie Freeman amper Moplymics gewen. 2 sinutabs sê nag njala. Gesig of rug. Speel my coach. Sokker met plakkies kan enige iets doen al is dit om n goal aan te teken. Die bulte was baie meer as die afdraende. Ons is volleyball champions, as ek, Antoinette en Franco in die selfde span is. Die brieke word nie maklik gebruik nie, nie eers vir bokke nie. Die botterbom. Almal weet die beste trekker is John Deere na die toer. Wat is ons? YSTERS. En wat kry ysters? KOUD! Blou kuite beteken jy trap reg fiets. Zeerust machine coke. Phillip kan met gemak op n bult op ry en op sy foon wees. Om uit n krat uit te lewe is nie vir sussies nie. Effektiewe alarms is Marlene, Vrystaat Mambo en Schnappi. Kampers julle moet nie inskep, soos ons stort nie. Ons kan wag! Spoorsnyers en boskinners. Die oukraal liedjie. Stof in die longe. Kerksale word bitterkoud in die winter. Storte by vreemde tannies, waar party lede van die span nie een nie maar 2 pannekoeke kry. Die vreemdste manier die grens oor gegaan het.

Mopanie girl. Franco se sound effects. Verf wat sal bly. Sing vir n kerk met 3 mense. Al die koue storte. Uit die maag uitlag! En Wimpy se gevaarlike badkamers. Motjie en Dwayne se lewensverhale. Lyfie wat die ysbreker was. Ed se slaaptyd storie. Lang storie kort Tanya jy het uitgemis!


Leah Venter:

Handeva(r)t fietstoer 2023!


Op 'n toer met bitter koue oggende, winde wat afdraendes soos opdraendes laat voel, inspirerende motjie verhale, @jeanricollins se matras wat sonder uitsondering afblaas, lagsessies wat jou abs sal gee, baie min slaap, "schni-schna-schnappi", genoeg stof in jou longe om 'n persoonlike woestyn te maak en veral uitsonderlike mense!


Baie dankie vir 'n onvergeetlike toer met core memories wat vir altyd by my sal bly :)







Franco Breedt:

Op ys koue oggende, lag tot ons maagspiere seer is, reuse bulte, koue kerksale, amazing views, twee pannekoeke elk, suikerpotjies (perongeluk) steel, op Dwayne en Motjie, wortel gooi teen die muur, laat aand chat, duk sand in Botswana, die weirdste grens oorgang seker in die geskiedenis, koue storte en goeie mense!


Nooit het ek gedink dat n groep geloowiges so vinnig sulke goeie vriende kan word nie! Dankie vir almal wat die toer so amazing gemaak het en dankie vir al die memories wat ons almal saam kon maak!







Jason van der Merwe:

Fietstoer 2023🚴🏼Sjoe, ek het nie woorde nie. My hart is vol en aansienlik warmer as ons toer. Ek is binne-by-die-buite my vel van ekstase oor my TWEE pannekoeke, gesponsor deur Motjie Freeman namens Tannie Joey! Julle is YSTERS❄😉








Ilze Fourie:

Handeva(r)t Fietstoer 2023

So paar punte.


* Die landskap is mooi as jy nie te uitasem is om te kyk.

* Sand eet 6km in is nie pret nie.

* Die mense is lekker - ons het bietjie diep geraak en baie trane gedeel!

* Om n naamgenoot te hê is confusing.

* Die onbaatsugtige verwelkoming in elke dorp is verstommend.

* Koue stort is nie pret nie.

* 5:00 opstaan en bus pak is nie vir almal nie.

* Die idee is om op die fiets te bly

* As jy lelik is dan bêre die tannie jou.

* God het ons elkeen geseën met talente!


Volgende jaar doen ons dit weer!

HANDEVAT FIESTOER 2023

Philip Morkel

Hoogtepunte van die Handevat Fietstoer


Die Handevat Fietstoer bring jou binne die kwessie van 'n paar dae van vreemdeling tot boesemvriend in Christus met almal wat saam met jou op die toer is.

Simpel sê-goed word aanhoudend gedeel, grappe word gemaak en daar word lekker gelag. Daar word ook dieper bekommernisse, onsekerhede en vrese gedeel.

Bid-buddies gee vir toerlede die geleentheid om werklik mekaar te leer ken en te verstaan. Aan die einde van elke dag deel elke toerlid sy of haar hoogte- en laagtepunte vir die dag en so kry ons die geleentheid om saam te lag en bly te wees, maar ook om saam seer te hê. Met elke opdraende word die pyn gedeel en met elke afdraende word die blydskap deur almal gevier.

Ons uitreike is ook hope pret. Toerlede kry wysheid en raad by bejaardes en kry self ook die geleentheid om mentors te wees vir die kinders en jeug wat ons tegemoetkom.

Ons geniet koffie en koekies saam met bejaardes; sing in ouetehuise; baljaar en gesels met die kinders van die Huis van Veiligheid; dans, speel, gesels en lofsang met Sondagskoolgroepe; deel sop uit vir - en speel sokker met minderbevoorregte jeug; en ons verf klaskamers. Elke uitreik word in sy eie reg n reuse partytjie en toerlede wys passie en deernis waar hulle gaan.

Met elke uitreik sien ons die wonderlike passie en omgee van die fasiliteerders, maar ook die seer en die tekortkominge van die mense na wie ons toe uitreik.

Button

WIL JY SAAM KOM?

BOSVELDTOER

Almal ken die vele Bosveld liedjies, maar as jy eers die Bosveld beleef het gedurende die September vakansie sal jy saam met Appel stem- los vir my daar, daar doer in die Bosveld. Die Bosveld uitreik vat jou so ver soos die Limpopo rivier en jy beleef die gasvryheid van mense wat in dorpe woon waarvan jy moontlik nog nooit eers gehoor het nie. Langs die pad stop ons by onder andere ouetehuise en kinderhuise. Kom ervaar die Bosveld stilte wat gepaard gaan met ‘n vuurtjie en goeie geselskap.

Laat weet vir Ivanne Erasmus (079 506 6021) as jy wil saam gaan.


HANDEVAT FIETSTOER

Het jy al ooit op ‘n toer gegaan saam ‘n groep vreemdelinge en meer as 200km getrap?. Daar gaan ‘n bus en ‘n ondersteuningsvoertuig ook saam, so moenie laat die fiets deel jou afskrik nie.

Begin sommer nou oefen dan weet jy jy is reg vir Junie/Julie. Laas jaar was hulle tot in Botswana!

Dominee Anuschka het ook getrap!

Klim agter op jou fiets en kontak vir Leah Venter (071 889 7023)


TSHIPISE:

Ieeeen Twieeee Drieeee! So tel ons hier. Aan die ander kant van die Zoutpansberg lê die Tshipise vakansieoord. Gedurende

die Junie/Julie vakansie verruil die studente koue Pretoria vir hierdie warmer Limpopo bestemming. Jy kan uitsien na

Swaeltjie besoeke, poppekas, skaterlag en die geleentheid om as ‘n potensiële feëtjie of nar die vakansiegangers se dag

Kontak vir Marko Kriek (083 469 2329) nog sonniger te maak.


STUDENTEJOL:

Die studente het die geleentheid om fasiliteerders te wees by Klein Kariba gedurende die Matrieks se vakansie. As jy hou van swem en son kan jy help om die vakansie vir die Matrieks onvergeetlik te maak. Dit is ‘n lekker manier om jou Desember vakansie te begin! Jy hou saam vakansie terwyl jy uitreik.

Kontak vir Johan Muller (071 301 9691) of Aniska Breedt (079 506 7700) as jy saam wil jol!

PLAASLIKE UITREIKE

ONE HIT WONDERS


Hierdie uitreike verander gereeld en word bepaal deur behoeftes wat in ons gemeenskap geïdentifiseer word.  Ons het al gehelp met kospakkies vir studente, versorging van haweloses tydens lockdown, verf van 'n kleuterskool of netbaltekkies vir 'n opkomende sportvrou.  Hou ons sosiale media en afkondigings dop vir meer inligting.

WIL JY SAAM KOM?

PLAASLIKE EN DEURLOPENDE UITREIKE

NG Universiteitsoord is ook betrokke by Huis 3 van Jakaranda kinderhuis, ons vat vir ons bure SAPS Brooklyn beskuit en loods elke winter die Winterhoop projek wat kos en komberse vir haweloses vat. Ons uitreik bediening stop wel nie by die bogenoemde nie. Gedurende die jaar is daar ook opwindende One Hit Wonders wat gereël word. Dit kan sommer vinnig beplan word en kan enigiets insluit soos ‘n besoek aan Wollies Diere skuiling of pannekoek bak vir ‘n aftreeoord. As jy idees het, kom gesels gerus met ons en hou die Martus-bord in die voorportaal van die kerk dop vir meer inligting.

Vir enige navrae kontak vir Anushcka 072 599 0695

Share by: