Skarrejag vooraf bestellings

Produkte van verskeie van ons Skarrejag-basaarstalletjies kan vooraf bestel word, bv. Fritz se heerlike wors of Hannetjies se wêreldberoemde sosaties.


Gebruik asseblief hierdie skakel om jou bestelling te plaas.


WIE IS ONS


Universiteitsoord is geleë in die hartjie van Tuks. Die gemeente bestaan uit twee dele:
  • Die Studentebediening wat vir die studente van oor die hele land ‘n geestelike tuiste wil wees; en
  • Die Tuisgemeente—gesinne en ander mense vanoor die hele stad
Die twee dele van die gemeente is ’n unieke kombinasie van ervaring en stabiliteit, tesame met energie en spontaniteit.
Ons is ’n gemeente wat bely dat God mense liefhet en dat die Here alle mense in liefde en genade insluit en gebruik in Sy koninkryk. Ons probeer om as geloofsfamilie hierdie radikale liefde van God uit te leef en om God se wye, veelkleurige en onverdiende genade sonder voorbehoud uit te deel. 

Daarom is Universiteitsoord ook ’n oop, inklusiewe gemeente waar almal welkom is, ongeag jou geslag, ras, status of seksuele oriëntasie.

ONS KONINKRYKSPERSPEKTIEF


Ons is 'n gemeente wat bely dat God mense liefhet en dat die Here alle mense in liefde en genade insluit en gebruik in Sy Koninkryk.  Ons probeer om as geloofsfamilie hierdie radikale liefde van God uit te leer en om God se wye, veelkleurige en onverdiende genade sonder voorbehoud uit te deel.

Road Trip Studentebediening

NG Universiteitsoord is ‘n geestelike tuiste vir studente in Pretoria sedert 1960.

Gesinne

Ons is nie net studente nie! Ons Tuisgemeente bestaan uit gesinne en alleenlopers, oud en jonk, heel, gekwes...

EREDIENSTE

Oggenddiens - 9:30

Oggenddienste vind plaas in die kerkgebou en almal is welkom om dit by te woon.

Aanddiens - 19:00

Aanddiens van Universiteitsoord is ’n grootse belewenis wat jy nie wil misloop nie. 
MEER OOR ONS EREDIENSTE

KONTAK ONS

Kontak

BANKBESONDERHEDE


NG Kerk Universiteitsoord
ABSA
Tjekrekening
Takkode 632005
540 580 006

DANKOFFERS & MAANDELIKSE BYDRAES

U kan dankoffers en maandelikse bydraes maak d.m.v. kontant, EFT, debietorder of Snapscan.

Skandeer die meegaande QR-kode en maak 'n keuse (Dankfees, Oggend/aanddiens, ens).
Vul 'n bedrag in en 
stuur 'n e-pos aan petra@universiteitsoord.co.za
Share by: