MUSIEK EN KONSERTE 2025

  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Toccatas – a Family-affair

Dr. Andrea Kayser-Mitas

2025


Die besonder talentvolle orrellis, Dr. Andrea Kayser-Mitas, se program, “Toccatas – a Family-affair”, het die hele gesin geboei met 'n kleurvolle verskeidenheid van klanke – van statige orrel-tokkates tot Latyns-Amerikaanse ritmes, jazz-klanke en selfs perkussie!



Oor die orrelis:

Dr. Andrea Kayser-Mitas is ’n veelbekroonde orrelis, opvoeder en navorser. Sy is bekend vir haar artistieke diepte en haar passie vir samewerking. Met 'n doktorsgraad in musiek en indrukwekkende ervaring as solis en samewerkende kunstenaar, bring sy nie net tegniese vaardigheid nie, maar ook ’n diep menslikheid na haar vertonings. Hierdie konsert het haar liefde vir familie, musiek en samehorigheid weerspieël.

  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Programhoogtepunte het ingesluit:

• ’n Verskeidenheid Orrel-tokkates

• Oblivion – Piazzolla, (met viool en saksofoon!)

• Palladio – Jenkins, (met perkussie, viool en saksofoon!)

Dr. Hentus van Rooyen 

2025


Hentus, tans werksaam in die VSA as orrelis, dirigent en dosent, is gladnie onbekend met ons orrel nie en dit was 'n voorreg dat hy weereens die volle klankrykheid van ons orrel tot lewe kon bring.


Die program was ’n boeiende reis deur kontemporêre en Franse meesterswerke:

·       Nico Muhly – The Revd Mustard his installation Prelude

·       Daniel Gawthrop – Four Noble Gasses

·       David Conte – Soliloquy

·       Louis Vierne – Scherzo uit Deuxième Symphonie, Op. 20

·       Albert Alain – Scherzo

·       Louis Vierne – Naïades uit Pièces de Fantaisie, Op. 55 No. IV

·       Maurice Duruflé – Prélude et Fugue sur le nom d’Alain, Op. 7

Hierdie is ’n program het beide die hart en die intellek aangespreek.

  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Dit was besonders om ’n Suid-Afrikaanse orrelis van internasionale formaat weer in Pretoria te kon hoor.

Tussen Hemel en Aarde

Ciska Range

2025


’n Orrelkonsert waar hemel en aarde in klank ontmoet het.

Die program was gekies om jou op ’n reis met vele kontraste te neem: van ’n energieke Toccata deur ’n Russiese komponis, tot die innige Arioso van Bach; dromerige musiek deur Alexander Borodin en die dansende Farandole deur Georges Bizet het kleure van die orkes na die orrel gebring, terwyl Widor se negende simfonie ons orrel in sy volle glorie laat uitbars. Tesame met ’n koraalprelude deur Theo van Wyk, was hierdie program een wat jy nie kon misloop nie. 


  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Oor die orrelis
Ciska Range (voorheen De Lange) is ’n bekroonde orrelis van Gqeberha met ’n indrukwekkende loopbaan wat haar van Suid-Afrika tot Nederland geneem het. Sy het al saam met groot orkeste en kore opgetree en keer nou met nuwe inspirasie terug na die verhoog. As doktorale student ondersoek sy die interpretasie van nie-liturgiese Suid-Afrikaanse orrelwerke.

Kerssangdiens


Five Joyful Mysteries

2025


✨ Wat ’n besondere aand! ✨Dis die laaste aandkerssangdiens gewees voor die orrel se restourasie.

Baie dankie aan elkeen wat saam met ons die Kersverhaal op ’n nuwe manier beleef het – deur die vyf merkwaardige ontmoetings wat ons opnuut daaraan herinner dat God steeds naby is. 🤍


Die sang, die vertellings, die nuwe musiek en selfs ’n bietjie jazz 🎷🔥 het alles saam ’n ruimte geskep waar ons weer kon hoor en ervaar hoe God se liefde na ons toe kom.

  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Musikante
Emmy Muire, Isabelle van Rensburg, Jan Wiese, Jan-Hendrik Labuschagne,

Jevon O’ Donovan, Juan Ferreira, Laetitia van Niekerk, Lourie Bosman,

Maricus Le Grange, Wian Joubert, Xander Koekemoer

’n Terugblik op

NG Universiteitsoord se Orrelkonsertreeks

Dr Isabelle van Rensburg

2025


NG Kerk Universiteitsoord se Orrelkonsertreeks 2025 het ’n ryk tapisserie van styl, tradisie en vernuwing aangebied in vyf verskillende konserte. Hierdie reeks, wat van Augustus tot November plaasgevind het, het gehore betower met uitstaande orreliste, verrassende programkeuses en musiekmomente wat nog lank in vele mense se harte vasgevang sal wees.

 

Die reeks is op ’n hoogtepunt afgeskop deur die veelbekroonde orrelis,

Dr. Andrea Kayser-Mitas. Haar program, Toccatas – A Family Affair, het die gehoor op ’n energieke en dikwels speelse reis geneem. Sy het die tradisionele wêreld van orrel-tokkates oopgebreek met kleurryke stylmengsels — van Latyns-Amerikaanse ritmes en jazz tot ensemble-spel met viool, saksofoon en perkussie. Hoogtepunte het ingesluit Piazzolla se Oblivion (met viool en saksofoon) en Karl Jenkins se Palladio (met perkussie, viool en saksofoon). Die Tokkates het haar briljante tegniese vaardigheid ten toon gestel, terwyl ‘n samehorigheid in die ensemble-spel met haar talentvolle man en drie dogters, groot aanklank by die gehoor gevind het. Dit was ’n ware viering van familie en musiek.

 

In September het NG Universiteitsoord die voorreg gehad om Dr. Hentus van Rooyen terug in Pretoria te verwelkom. Van Rooyen, wat in die VSA werksaam is, het met groot gevoeligheid en virtuositeit ’n program aangebied wat gehore diep geraak het.

Sy uitvoering het ’n kombinasie van kontemporêre Amerikaanse werke en Franse meesterstukke ingesluit. Van Rooyen se vermoë om die volle klankrykheid van die orrel tot lewe te bring het hierdie konsert ’n hoogtepunt van die seisoen gemaak.

 

Die bekroonde orrelis Ciska Range het later in September ’n besonder poëtiese en emosionele program aangebied. Tussen Hemel en Aarde het gehore geneem op ’n reis van kontraste — van vurige Russiese klanke tot die dromerige wêreld van Alexander Borodin en die dansende energie van George Bizet. Range, wie se loopbaan haar van Suid-Afrika tot Nederland geneem het, het die gehoor diep geraak met haar artistieke integriteit en nuutgevonde interpretatiewe insigte.

 

Gedurende die reeks is die album Complete Works Wim Viljoen deur die gemeente se eie orrelis, Dr. Isabelle van Rensburg, bekendgestel. Die verrigtinge het begin met ’n openingsprogram wat die musikale erfenis van drie eeue uitgelig het — ’n lyn wat loop van Johann Sebastian Bach, deur die Duitse en Franse skool, tot by die komponis Wim Viljoen.

Na die openingsuitvoering het Renée Marais die album en die komponis bekendgestel, waarna Van Rensburg ’n seleksie van Viljoen se werke uitgevoer het. Hierdie musiek — deurdrenk van geloof, vakmanskap en verbeelding — het ’n besondere eerbetoon gehuldig aan Viljoen se nalatenskap.

 

Die reeks is in November afgesluit met ’n glansryke Kerskonsert, wat as die Grand Finale van die jaar gedien het. ’n Uitsonderlike groep musici het hul talente saamgevoeg:

Dr. Isabelle van Rensburg (orrel), Dr. Andrea Kayser-Mitas (orrel), Zanta Hofmeyr (viool), Braam van Tonder (trompet), Jaco van Staden (Franse horing) en Chris Vale (bariton).

Die konsert was ’n feestelike vermenging van bekende Kersmelodieë — in alle vorme en genres — en glorieryke orrel- en koperblaasklanke. Majestueuse orrelpassasies, maar ook sagte, kontemplatiewe oomblikke, was deel van die aand wat die gees van Kersfees op ’n besondere manier vasgevang het. ’n Konsertreeks om te onthou!

 

NG Universiteitsoord se Orrelkonsertreeks 2025 het ’n jaar van klank, kreatiwiteit en gemeenskap bewerkstellig. Met uitstaande orreliste en musici, asook fantastiese programkeuses, het hierdie reeks die musieklandskap in Pretoria verryk en gehore herinner aan die unieke krag van die orrel as instrument.