MUSIEK EN KONSERTE

ORREL RESTOURASIE

PROJEK 2026


Die restourasie van die pyporrel vorder oor die algemeen goed. Die orrelkamer self is deeglik skoongemaak, herstel teen vog, geverf en struktureel versterk, wat nou ’n stabiele en veilige omgewing vir die instrument skep. Belangrike dele wat die lugtoevoer beheer—die “asemhalingstelsel” van die orrel—soos blaasbalke en verwante meganismes, is herstel en weer geïnstalleer, en word tans getoets om seker te maak alles werk betroubaar. 

 

Al die pype is uitgehaal vir herstel en skoonmaak; tydens dié proses is ekstra skade ontdek wat nie vroeër sigbaar was nie, wat die werk ietwat verleng maar noodsaaklik is vir die instrument se langtermyngehalte. Dit blyk of hulle middel-Maart die pype sal begin terugplaas in die orrelkas. 

 

Sekere onderdele wat uit die buiteland bestel is, het vertragings by invoer en doeane veroorsaak, daarom is die werksvolgorde aangepas sodat ander take intussen kon voortgaan. Sodra die uitstaande komponente arriveer, sal die herstel van die speeltafel begin. Ten spyte van hierdie uitdagings is daar reeds beduidende vordering gemaak, en die projek word noukeurig bestuur met die oog op ’n betroubare, goed funksionerende orrel wat vir baie jare sal kan dien.


  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

OOR ONS ORREL


NG Universiteitsoord se orrel is in 1967 gebou deur die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (SAOB) en volgens Prof. Troskie (Pyporrels in Suid-Afrika, 1992:67), die grootste elektropneumatiese kegellaaiorrel wat in samewerking met die adviseur Boudewijn Scholten, gebou is. Die orrel het 63 pypreekse, 41 verskillende registers en 3027 sprekende pype. Prof Wim Viljoen, eertydse orrelis van die gemeente, het gereeld die veelsydigheid van hierdie orrel beklemtoon waarop repertoire van die Barok tot 21ste eeuse-musiek suksesvol uitgevoer kan word. Dit besit ’n wye palet van klankkleure as gevolg van die wye verskeidenheid registers. Indien slegs die fluitregisters uitgelig word, sluit dit die Roerfluit, Spitsfluit, Vlakfluit, Baarpyp, Koppelfluit, Woudfluit, Blokfluit en Naghoorn in. Tesame hiermee het die orrel pragtige sterk tongwerke en ’n singende Prestant op die Hoofwerk.

 

Benewens die orrel se gebruik vir Sondae se eredienste, word dit ook vir konserte en as ’n oefen -en lesgee-instrument gebruik. Die orrel is in ’n uitstekende werkende toestand. Daar is egter groot restorasie werk nodig in die nabye toekoms en NG Universiteitsoord is besig met die beplanning daarvan.

 

Daar word gereeld orrelkonserte by NG Universiteitsoord aangebied. Skryf gerus u kontakbesonderhede op die vorm in die voorportaal indien u op hoogte gehou wil word van ons orrel en orrelkonserte.

ONTVANG EPOSSE


DONASIES


BANKBESONDERHEDE

NG Gemeente Universiteitsoord

ABSA

Tjekrekening

Takkode 632005

540 580 006

Gebruik "orrel" as verwysing


Maak 'n donasie en kliek "orrel"

SNAPSCAN


Kontak vir meer inligting:

Dr. Isabelle van Rensburg (orrelis) - isabelle@universiteitsoord.co.za

Flip Erasmus - Kantoor@unio.co.za


Orrels en orreliste - Dr Isabelle van Rensburg, voorsitter van SAKOV

Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging

Luister Onderhoud

RAAK BETROKKE


VOCALISE FELLOWSHIP CHOIR


Almal is welkom!

Dinsdae 19h00 - NG Universiteitsoord


Kontak

Wihan Rossouw (073 489 1414)

Janita Mostert (072 912 3340) vir meer inligting.


@vocalise_fellowship_choir