ORRELKONSERTE 2026


  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Ontvang Nuus

ONTVANG EPOSSE OOR ORRELKONSERTE

Die orrel klink weer!

NG Universiteitsoord se pyporrel was die afgelope paar maande stil terwyl dié besondere instrument ’n omvangryke restourasie ondergaan het. Nou is die orrel silwerskoon, gerestoureer en gereed om sy stem weer in volle glorie te laat hoor!





Sondag 8 November | 11:00

Herinwydingskonsert III

Orreliste rondom Universiteitsoord

’n Viering van die orrel en die gemeenskap van orre

liste rondom Universiteitsoord met Pieter van den Berg, Pierre Cronje, Leon Greyling, Maricus le Grange, Jaco Prinsloo, Prof. Stephan Geyer

 

Woensdag 25 November | 18:30

Kerskonsert

Sluit die konsertjaar saam met ons af met ’n feestelike Kerskonsert rondom die Universiteitsoord-orrel.

Toegang: R120 by die deur

 

Hou solank hierdie datums oop!

Meer besonderhede oor elke konsert, die orreliste en programme volg binnekort.

Ons sien daarna uit om die Universiteitsoord-orrel se stem weer saam met julle te hoor en ’n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van hierdie besondere instrument te open.

HERINWYDINGS-

KONSERT II

NG Universiteitsoord se orrel in volle kleur!

Program

Sondag 18 Oktober | 11:00


Isabelle van Rensburg het in ’n solo-orrelprogram die kleure, krag en moontlikhede van die gerestoureerde instrument ten volle ontgin!


DIE ORREL IN VOLLE KLEUR


Tydens die tweede herinwydingskonsert het die besondere klank- en repertoiremoontlikhede van ons pas gerestoureerde orrel, sentraal gestaan.

Isabelle het ’n program saamgestel wat die instrument in sy volle kleurpalet ten toon kon stel. Werke uit die Franse en Duitse Barok, die Frans-Romantiese orreltradisie, jazz-geïnspireerde musiek en orkestrale verwerkings belig die merkwaardige veelsydigheid van die instrument.


Hierdie konsert het die geleentheid gebied om die verskillende registers en klankkombinasies van die gerestoureerde orrel van nader te leer ken: van die majestueuse trompetkore en delikate fluite tot die individuele soloregisters

HERINWYDINGS-

KONSERT I

NG Universiteitsoord se gerestoureerde orrel word feestelik heringewy

Program

Ná ’n omvattende restourasie was die 59 jaar oue pyporrel van NG Universiteitsoord in Pretoria op Woensdag

14 Oktober 2026 om 18:30 tydens die eerste van ’n reeks herinwydingskonserte feestelik in gebruik geneem.


Die geleentheid het die amptelike sleuteloorhandiging van die gerestoureerde instrument aan die gemeente ingesluit.

Die orrel is in 1967 deur Suid-Afrikaanse Orrelbouers (SAOB) gebou en word as die firma se magnum opus beskou. Met meer as 3 000 pype is dit een van die groter kerkorrels in Suid-Afrika.

Dit word nie alleen vir die begeleiding van eredienste nie, maar ook as ’n volwaardige konsertinstrument benut.

Prof. Boudewijn Scholten was die adviseur terwyl Jan Pekelharing en Japie Roodt vir die intonasie verantwoordelik was.


Volgens dr. Isabelle van Rensburg, orrelis, het die instrument ná bykans ses dekades van gereelde gebruik, in 2025–2026 ’n omvangryke restourasie ondergaan. Die werk is deur Pipe Organ Specialists onder leiding van Archie Devere uitgevoer, met Jan Zielmann as pypmaker en prof. Albert Troskie as adviseur.

Die restourasie het ten doel gehad om hierdie belangrike Suid-Afrikaanse instrument te bewaar en dit vir toekomstige geslagte gereed te maak vir beide erediens- en konsertgebruik.

Sedert die installering van die orrel is prof. Chris Lamprecht, prof. Wim Viljoen en dr. Isabelle van Rensburg onderskeidelik as orreliste van NG Universiteitsoord aan die instrument verbonde.

Oor die afgelope 59 jaar het die orrel ’n belangrike plek in die gemeente se musiektradisie ingeneem en het talle Suid-Afrikaanse en internasionale orreliste ook daarop opgetree.


Vir die eerste herinwydingskonsert was die orrel begelei saam met klavier, viool en trompet. Die musici

het ingesluit: dr. Isabelle van Rensburg, prof. Theo van Wyk, prof. Albert Troskie, dr. Erika Bothma Troskie,

Braam van Tonder en Zanta Hofmeyr.

Die program het verskillende kombinasies van die instrumente saamgebring en het die die pas

gerestoureerde orrel sentraal in ’n feestelike konsertprogram geplaas.


Die aand het ons die voltooiing van ’n omvangryke restourasieprojek gevier en ook die begin van ’n

nuwe hoofstuk in die lewe van ’n instrument wat sedert 1967 deel vorm van Pretoria en Suid-Afrika se

orrelerfenis.














Liturgie:


• Orrelspel: Sonata nr. 6 deur Felix Mendelssohn

• Liedboek 209: Heer met my hele hart kom sing ek 'n lofsang

• Koorsang: NGOTHANDO MBUSO NDLOVU (Zulu)

Slegs deur liefde sal ons alles oorwin Laat ons ons harte oopmaak en niks vrees nie

• Orrelspel: Fanfare op Kom almal laat jul stem verrys (Wim Viljoen)

• Liedboek 411: Kom almal laat jul stem verrys 

• Liedboek 228 Halleluja 

• Psalm 100: Juig al wat leef juig voor die Heer 

• KOORSANG: HLOHONOLOFATSA TRADITIONEEL (Sesotho) Wees geseënd , seën alles in die naam van die Vader.

• Orrel en sang: Bless this House, O Lord we pray

• VONKK 347: Heer U kerk oor al die eeue will U goedheid graag gedenk

• Orrel en viool: Lead kindly Light

• KOORSANG: KONSERT VIR KOOR (SERGEI RACHMANINOFF)

• In Kerkslawies: Nóg die dood nóg die graf kon oorwin.

• VONKK 484: 'n wêreld vol gebrokenheid 'n wêreld sonder hoop

• Orrel en koor: VONKK 570: Jesus U’s my hart se vreugde

• Sing Geloofsbelydenis toonsetting van Chris Lamprecht

• LIED IS ‘N GEBED VIR ONS LAND EN DIE ONSE VADER

• NKOSI SIKELEL’ IAFRIKA/ ONSE VADER

VERW. SARITA HAUPTFLEISCH

• Liedboek 563: 1, 2, 3, 4 Aan U o God my dankgesange (vers 1 en 3 deur koor alleen)

• VONKK 543: 1, 2, 3, 4 Leef jou lied!

• Orrelspel: Tokkate op Nun danket alle Gott (Theo van Wyk)

HERINWYDINGS-

EREDIENS

Die orrel klink weer!

NG Universiteitsoord se pyporrel was die afgelope paar maande stil terwyl dié besondere instrument ’n omvangryke restourasie ondergaan het. Nou is die orrel silwerskoon, gerestoureer en gereed om sy stem weer in volle glorie te laat hoor!


Sondag 20 September was 'n besondere mylpaal waar ons die reeks van herinwydingsgeleenthede en konserteafgeskop het.


Die orrel het saam met die Palissander Kamerkoor onder leiding van Sarita Hauptfleisch. Pierre van der Merwe (sang) en Annalette du Plessis (viool) hierdie reeks geopen.