ORRELKONSERTE 2026


Ontvang Nuus

ONTVANG EPOSSE OOR ORRELKONSERTE

Die orrel klink weer!

NG Universiteitsoord se pyporrel was die afgelope paar maande stil terwyl dié besondere instrument ’n omvangryke restourasie ondergaan het. Nou is die orrel silwerskoon, gerestoureer en gereed om sy stem weer in volle glorie te laat hoor!


Ons nooi jou hartlik uit om hierdie besondere mylpaal saam met ons te vier tydens ’n reeks herinwydingsgeleenthede en konserte:

Sondag 20 September | 09:30

Herinwydingserediens

Met die Palissander Kamerkoor en orrel.

Toegang gratis




Woensdag 14 Oktober | 18:30

Herinwydingskonsert I & Sleuteloorhandiging

’n Feestelike konsert met Isabelle van Rensburg, Albert Troskie, Theo van Wyk, Erika Bothma-Troskie, Zanta Hofmeyr en Braam van Tonder. Tydens hierdie geleentheid word die gerestoureerde orrel ook amptelik oorhandig en heringewy.

Toegang: R100 by die deur

 

Sondag 18 Oktober | 11:00

Herinwydingskonsert II

Isabelle van Rensburg in ’n solo-orrelprogram waarin die kleure, krag en moontlikhede van die gerestoureerde instrument ten volle ontgin word.

Toegang: Donasie


Sondag 8 November | 11:00

Herinwydingskonsert III

Orreliste rondom Universiteitsoord

’n Viering van die orrel en die gemeenskap van orre

liste rondom Universiteitsoord met Pieter van den Berg, Pierre Cronje, Leon Greyling, Maricus le Grange, Jaco Prinsloo, Prof. Stephan Geyer

 

Woensdag 25 November | 18:30

Kerskonsert

Sluit die konsertjaar saam met ons af met ’n feestelike Kerskonsert rondom die Universiteitsoord-orrel.

Toegang: R120 by die deur

 

Hou solank hierdie datums oop!

Meer besonderhede oor elke konsert, die orreliste en programme volg binnekort.

Ons sien daarna uit om die Universiteitsoord-orrel se stem weer saam met julle te hoor en ’n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van hierdie besondere instrument te open.